Sarie Kos

KALANT VAN ’N ANDER GEUR

-

Volvo se V60 Cross Country is basies ’n stasiewa op steroïede. Die gewilde V60-stasiewa is opgekikker met bykomende veelterrei­nvermoëns, wat beteken dit kan uitdagende oppervlakk­e makliker baasraak. Dié Cross Country se rithoogte is 65 mm hoër as die standaard-V60 s’n. Dit kom ook met alwielaand­rywing, sodat dit meer aan die pad klou en die bestuurder die motor beter kan beheer. Die V60 Cross Country lyk meer sportief en het ook bykomende skermstrok­e wat die voertuig ’n tipe veldry-voorkoms gee. Uiteraard is dit ’n luukse voertuig wat ook spog met talle veiligheid­skenmerke. Kopers kan tussen turbo-aangedrewe petrol- of dieselenji­ns kies. Die V60 Cross Country is ’n ideale ryding vir gesinne wat ’n aktiewe leefstyl het en ’n ruim, veeldoelig­e voertuig soek. Pryse begin by R499 900. – WILMER MÜLLER Volvo is ‘n borg vir SARIE SE 30 DAE

VAN KOS + DEKOR. (Sien bl. 14.)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa