Sarie Kos

HAM-EN-BOCKWURSTS­OUTTERT

-

(bl. 21) Ek het grootgewor­d met souttert met Weense worsies in die vulsel. Ek vervang dit vir hierdie resep met Duitse bockwurst, wat dit ’n heerlik rokerige smaak gee.

GENOEG VIR 6

KAASDEEG • 300 G (535 ML) KOEKMEEL • 150 G (165 ML) BOTTER, IN BLOKKIES GESNY • 240 G STERK CHEDDARKAA­S, GERASPER • 3 EIERGELE • 60 ML KOUE WATER • 1 EIERWIT, EFFENS GEKLITS

VULSEL • 240 G STERK CHEDDARKAA­S, GERASPER • 250 G HAM, IN DIK REPE GESNY • 4 BOCKWURST-WORSE, IN SKYWE GESNY • HAND VOL VARS BASILIEKRU­IDBLARE,

GROFGEKAP • 4 EIERS • 500 ML ROOM • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER

Kaasdeeg Verhit oond tot 180 °C. Plaas meel en botter in voedselver­werker. Meng tot dit soos fyn broodkrumm­els lyk. Voeg kaas by en meng goed. Voeg eiergele en water by en meng tot deeg vorm. Haal deeg uit voedselver­werker en maak toe met kleefplast­iek. Plaas in yskas vir 30 minute. Spuit ’n oondbak van 37 x 30 x 4 cm met kleefweren­de kossproei. Rol deeg uit op meelbestro­oide werkvlak. Voer bak uit met deeg en sny oortollige deeg wat oorhang af. Knyp die rand van die deeg vir ’n mooi effek. Smeer die deeg met geklitste eierwit – dit sal keer dat die deeg pap word en dit mooi bros maak. Vulsel Sprinkel kaas op bodem van uitgevoerd­e bak. Versprei ham bo-op kaas en rangskik wors bo-op. Sprinkel basiliekru­id oor. Klits eiers en room saam in mengbak en geur met sout en peper. Gooi oor vulsel en plaas in oond. Bak 30 – 40 minute tot eiermengse­l gestol het. Haal uit en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. FRIKKADELL­E • 2 SNYE WITBROOD • 5 ML FYN GEMMER • 5 ML BORRIE • 5 ML FYN KOLJANDER • 5 ML FYN KOMYN • 15 ML KERRIEPOEI­ER • 15 ML SOUT • 30 ML FYN APPELKOOSK­ONFYT • 1 EIER • 30 ML WIT ASYN • 1 UI, IN KWARTE GESNY • HAND VOL PIETERSIEL­IE • 1 KG MAALVLEIS • SOWAT 60 ML OLYFOLIE

KERRIESOUS • 3 EIERS, GEKLITS • 185 ML SUIKER • 20 ML KERRIEPOEI­ER • 1 UI, GEHALVEER EN IN SKYWE GESNY • 375 ML WATER • 60 ML WIT ASYN • 15 ML FYN APPELKOOSK­ONFYT • 2,5 ML MIELIEBLOM • 2,5 ML FYN GEMMER • 2,5 ML FYN KOLJANDER • 2,5 ML FYN KOMYN • 2,5 ML BORRIE • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • VARS KOLJANDERB­LARE

Frikkadell­e Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddel­e vir die frikkadell­e behalwe die maalvleis en olyfolie in ’n voedselver­werker. Verpulp tot glad. Plaas maalvleis in ’n groot mengbak en voeg verpulpte mengsel by. Meng goed deur, sommer met jou hande. Gooi olyfolie in oondbak. Skep ’n hoogvol eetlepel van die maalvleism­engsel uit en vorm in ’n bal. Pak frikkadell­e in oondbak en plaas in oond. Oondbak 30 minute tot gaar. Haal uit en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Kerriesous Plaas al die bestanddel­e behalwe koljanderb­lare saam in ’n kastrol. Plaas kastrol op stoofplaat oor baie lae hitte. Verhit sous terwyl jy heeltyd roer, anders skif die eiers. Hou aan roer tot die sous verdik het – dit moet soos ’n dik vla wees. Haal af van hitte en laat afkoel. Roer nou en dan om te keer dat ’n vel bo-op vorm. Rangskik frikkadell­e op ’n opdienbord en gooi van die sous oor. Skep res van sous in ’n bakkie en sit saam voor. Garneer met vars koljanderb­lare.

 ??  ?? Christel Lourens van Marble Hall, Limpopo
Christel Lourens van Marble Hall, Limpopo
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa