KOUE BLATJANGHOENDER

Sarie Kos - - Stylkos -

(bl. 23) Ons hou maar van ’n bie­tjie soet in ons kos. Hier­die sous maak die hoen­der­vleis heer­lik sag, want dit bak in die sous. Die hoen­der word ook in die sous ge­laat om af te koel, dan is dit heer­lik sap­pig.

GE­NOEG VIR 8

• 125 ML RO­ME­RI­GE MA­YON­NAI­SE • 125 ML BLAT­JANG • 65 ML WOR­CES­TER­SOUS • 8 HOEN­DER­BOUD­JIES • 8 HOEN­DER­DYE • SOUT EN VARS­GE­MAAL­DE SWART­PE­PER

Ver­hit oond tot 180 °C. Gooi ma­yon­nai­se, blat­jang en wor­ces­ter­sous in ’n meng­bak­kie. Meng baie goed. Pak al die hoen­der­stuk­ke in ’n groot oond­bak. Geur met sout en pe­per en gooi sous oor. Maak se­ker al die hoen­der­stuk­ke is goed be­dek met sous. Maak bak toe met foe­lie en plaas in oond. Oond­bak 1 uur. Haal uit oond en ver­wy­der foe­lie. Be­druip hoen­der­stuk­ke met sous en plaas oop te­rug in oond. Oond­bak nog so­wat 40 mi­nu­te tot hoen­der­vel bros­se­rig en bruin is. Haal uit en laat in die sous af­koel tot ka­mer­tem­pe­ra­tuur. Skep uit sous in op­dien­bak en sit voor met ’n groen­slaai en o­ri­ge sous in op­dien­bak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.