BEES­STERT- TERRIEN

Sarie Kos - - Stylkos -

Ek het my tra­di­si­o­ne­le bees­stert­bre­die om­skep in ’n koue terrien. Bees­stert be­vat baie na­tuur­li­ke ge­la­tien en dit stol mak­lik in die ys­kas.

GE­NOEG VIR 8 – 10

• SO­WAT 60 ML O­LYF­O­LIE • 1,3 KG BEES­STERT • SOUT EN VARS­GE­MAAL­DE SWART­PE­PER • 1 GROOT WOR­TEL, IN KLEIN BLOK­KIES GE­SNY • 1 UI, FYN­GE­KAP • 1 SELDERYSTINGEL, IN KLEIN BLOK­KIES GE­SNY • 2 KNOF­FEL­HUI­SIES • 1 X 400 G-BLIK GE­KAP­TE TA­MA­TIES • 500 ML ROOI­WYN • 1 LOU­RIER­BLAAR • 2 VEL­LE GE­LA­TIEN OF 10 ML POEI­ER­GE­LA­TIEN • SUUR­DEEG­BROOD • VARS RO­KET­BLA­RE

Ver­hit oond tot 200 °C. Gooi o­lyf­o­lie in oond­ka­strol. Plaas bees­stert­stuk­ke in ka­strol en geur met sout en pe­per. Plaas ka­strol oop in oond. Oond­bak tot vleis­stuk­ke bruin is. Draai vleis­stuk­ke om en oond­bak tot an­der kant ook bruin is. Ver­laag oond se hit­te tot 180 °C. Voeg wor­tel, ui, sel­de­ry en knof­fel by. Maak ka­strol toe met dek­sel en plaas te­rug in oond. Oond­bak tot groen­te sag is. Haal ka­strol uit oond en voeg ta­ma­ties, rooi­wyn en lou­rier­blaar by. Geur weer met sout en pe­per. Maak ka­strol toe met dek­sel en plaas te­rug in oond. Oond­bak so­wat 3 uur tot vleis van been af­val. As jou sous te min raak, kan jy kook­wa­ter by­voeg. Haal uit oond en laat ef­fens af­koel. Ver­wy­der vleis van be­ne en vlok in baie klein stuk­kies. Meng vleis goed deur sous. As jy die ge­la­tien­vel­le ge­bruik, week dit so­wat 2 mi­nu­te in koue wa­ter tot sag. Druk vloei­stof uit en voeg by warm vleis en meng goed deur. As jy die poei­er­ge­la­tien ge­bruik, gooi dit in ’n klein bak­kie. Voeg so­wat 30 ml koue wa­ter by en laat staan tot dit soos spons lyk. Plaas bak­kie met ge­la­tien in ’n gro­ter bak met kook­wa­ter en laat s­melt. Voeg nou die ge­smel­te ge­la­tien by warm vleis en meng goed deur. Voer ’n ter­rien­bak van 1,4 li­ter uit met kleef­plas­tiek. Skep vleis­meng­sel in en maak bak toe met dek­sel. Plaas oor­nag in ys­kas tot ge­stol. Net voor jy dit voor­sit, keer ver­sig­tig uit ter­rien­bak en ver­wy­der kleef­plas­tiek. Sny in sky­we en sit voor saam met suur­deeg­brood en vars ro­ket.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.