Sarie Kos

LAGIESLAAI

-

SARIE-kollega Lucelle Hough pak graag haar slaai in lagies in ’n bottel, en dit lyk altyd so mooi vars en aanloklik.

GENOEG VIR 4

• 250 G QUINOA (SOORT SAADJIE) • 500 G DIK REPE SPEK • 2 MIELIES • 2 WORTELS, GESKIL • 6 KLEIN KOMKOMMERS

SLAAISOUS • 250 ML BALSEMASYN • 45 ML HEUNING • 60 ML STERK MOSTERD • 125 ML OLYFOLIE • 4 KORT ROOI SPRIETUIE • SOUT EN VARSGEMAAL­DE

SWARTPEPER

Kook quinoa volgens aanwysings op verpakking. Dreineer en laat afkoel. Sny spekrepe in stukkies en braai in ’n pan tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier en laat eenkant afkoel. Kook mielies 6 minute in ’n diep kastrol. Verwyder uit water en laat afkoel. Sny pitte van stronk af. Sny wortels in kwarte en dan in dun skyfies. Sny komkommer in dun skyfies. Plaas al die bestanddel­e vir die slaaisous in ’n mengbak en meng goed met draadklits­er. Gooi sous in ’n groot glasfles. Pak die quinoa, spek, mielies, wortels en komkommer in lagies in die glasfles saam met die sous.

 ??  ?? Pastaslaai
Lagieslaai Oondgebakt­e
hoender
Pastaslaai Lagieslaai Oondgebakt­e hoender
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa