Sarie Kos

KERRIEVIS

-

Kerrievis is net so eie aan die Kaap as snoekkuite en die suidooster. (Terloops, die suidooster word nie verniet die Kaapse dokter genoem nie – dit waai elke asemteug besoedelde lug weg en vervang dit met maagdelike skoon en vars lug van die oseane.) Tradisione­el is ’n Kaapse Paasnaweek halfgebak sonder kerrievis. Dis dan ’n moet. Maar kerrievis is regdeur die jaar heerlik, as ’n volledige maaltyd of as voorgereg of sommer net ’n laatmiddag­peuselhapp­ie uit die yskas. Verskeie soorte vis met ferm wit vleis kan gebruik word en daar is tientalle resepte. Maak jou eie variasie.

(VIR 10 GROOT PORSIES)

VIS • 2 KG STOKVIS OF ENIGE VIS MET FERM WIT VLEIS (SOOS KONINGKLIP, GEELSTERT, SNOEK, VARSWATERV­IS) • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 5 GROOT UIE, IN RINGE GESNY

KERRIESOUS • 1 EETLEPEL REGTE BOTTER • 1 EETLEPEL KERRIEPOEI­ER (MATIG STERK) • 1 TEELEPEL BORRIE • 3 EETLEPELS SUIKER • 1 EETLEPEL FYN APPELKOOSK­ONFYT • 3 LOURIERBLA­RE (SUURLEMOEN­BLARE

WERK OOK) • KOPPIE SULTANAS • ½ KOPPIE WATER • 1 KOPPIE ASYN (VERKIESLIK BRUIN)

Sny vis netjies in mootjies. Moenie die vel verwyder nie. (Indien bevrore vis gebruik word, sny terwyl nog halfgevrie­s is, maar laat staan dan sowat 30 minute sodat dit heeltemal kan ontdooi.) Strooi met sout en swartpeper om vleis meer ferm te maak. Bak gaar in pan of oond. Verwyder vis, haal grate uit en hou eenkant. Braai uie tot gaar (maar nie tot bruin nie). Pak vis en uieringe om die beurt in lae in ’n glas- of erdehouer. Gebruik dieselfde pan vir die kerriesous. Smelt botter. Roer kerrie, borrie en suiker in. Dan appelkoosk­onfyt, lourierbla­re (of suurlemoen­blare) en sultanas. Gooi water en asyn by. Bring tot kookpunt. Laat sowat 10 minute prut en gooi dan oor die vis en uieringe. Laat die gereg behoorlik afkoel en sit dan in die yskas. Onthou, hoe langer die vis en kerriesous met mekaar gesels, hoe geuriger raak die vis. (Dit neem, na my mening, nie minder as 2 dae nie, maar verkieslik langer.)

VARIASIES As jy van baie geurige kos hou: Roer 5 fyngekapte knoffelhui­sies, 1⁄ teelepel

4 fyn gemmer, 1⁄ teelepel kruienaelt­jies

4 en 1 eetlepel blatjang (verkieslik perske, mango of sultana) saam met kerrie by die gesmelte botter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa