Sarie Kos

CALAMARI-STEAK MET ’N KRUMMELBES­LAG

-

Calamari hou dalk nie van ’n sousie nie, maar ’n beslag doen die ding. Hier’s hoe:

GENOEG VIR 4

• 1 KOPPIE KOEKMEEL • KNYPIE SOUT • KNYPIE VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 4 CALAMARI-STEAKS • 2 EIERS, GEKLITS • 1 KOPPIE BROODKRUMM­ELS • 2 EETLEPELS REGTE BOTTER Geur koekmeel met sout en swartpeper. Doop calamari-steaks eers in gegeurde koekmeel, dan in eier en dan in broodkrumm­els. Braai vinnig in pan met botter, tot ligbruin. (Gebruik heelwat botter, anders brand die beslag vas en val van die calamari af.) Sit die calamari dadelik voor. ALLE VIS WIL STADIG BRAAI, HETSY OP ’N ROOSTER OF IN ’N PAN. CALAMARI HOU VAN HITTE, SOVEEL AS WAT JY KAN GEE.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa