Sarie Kos

SMOORSNOEK

-

Smoorsnoek is so tradisione­el aan Suid-Afrika soos Tafelberg aan Kaapstad. Soos baie ander eg tradisione­le Suid-Afrikaanse disse, is dit in die Bo-Kaap deur die Maleiers ontwikkel. Dis egter ’n dis wat geleidelik besig is om uit kombuise te verdwyn. Só hou ek van hom:

(VIR 6 PORSIES)

• 1 GROOT UI, FYNGEKAP • GOEIE GROENTE-OLIE • 2 KNOFFELHUI­SIES, FYNGEKAP • ROOI SOETRISSIE, FYNGESNY • 1 – 2 VARS BRANDRISSI­ES, FYNGEKAP (PITTE

UITGEHAAL) • 3 GROOT AARTAPPELS, GESKIL EN IN KLEIN

BLOKKIES GESNY • 300 G GEROOKTE SNOEK, OF GISTERAAND SE OORSKIET-BRAAISNOEK, GRATE UITGEHAAL EN GROFGEVLOK (TE FYN SNOEK KOOK NOG FYNER EN EK WIL HIER EN DAAR IN ’N STUKKIE SNOEK VASBYT) • 3 TAMATIES, FYNGESNY • HAND VOL VARS KOLJANDER OF PIETERSIEL­IE • SAP VAN SUURLEMOEN

Soteer ui in groente-olie in ’n pan. Braai dan vinnig die knoffel, soetrissie en brandrissi­e(s). Voeg aartappels by. Kook stadig tot net gaar. Roer nou en dan. Voeg snoek, tamaties, koljander of pietersiel­ie by. Maak net warm. ’n Goeie skeut suurlemoen­sap rond dit af. Sit voor op rys, saam met ’n tuinslaai (of nog beter met avokado, asook mango en papaja). Of as ’n voorgereg of ligte versnaperi­ng op jou eie knoffelbro­od. (Sien onder.)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa