Sarie Kos

SUURLEMOEN­KAASKOEK

-

(bl. 65) Een van die eerste kaaskoeke wat ek gebak het. Destyds het ek ’n brosbrood-onderlaag gebak en die kaaskoek in ’n koekpan laat stol. Dis soveel makliker in ’n groot losboomqui­che-pan met ’n koekiekrum­melkors.

GENOEG VIR 8

KORS • 200 G KLAPPERKOE­KIES (TENNIS BISCUITS) • 100 ML GESMELTE BOTTER

VULSEL • 4 EIERGELE • 200 G STROOISUIK­ER • 250 ML MELK • SAP EN GERASPERDE SKIL VAN

1 SUURLEMOEN • 20 G GELATIENPO­EIER • 50 ML WATER • 500 G ROOMKAAS • 500 ML ROOM, STYFGEKLOP • EKSTRA GERASPERDE SKIL VIR BO-OP SPRINKEL

KORS Verhit oond tot 180 °C. Kap koekies fyn in voedselver­werker. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Spuit ’n losboom-quiche-pan van 25 cm in deursnee en 5 cm diep met kleefweren­de kossproei. Druk koekiemeng­sel in quiche-pan (sien foto) en plaas in oond. Bak 10 minute en haal uit. Laat afkoel. Vulsel Klits eiergele en suiker tot lig en romerig in mengbak van elektriese menger. Verhit melk in ’n kastrol tot net voor kookpunt. Voeg by eiergeelme­ngsel en gooi mengsel terug in kastrol. Roer oor baie lae hitte tot die vlamengsel die agterkant van ’n houtlepel bedek. Voeg suurlemoen­sap en -skil by. Gooi gelatien in klein bakkie en voeg water by. Roer tot dit soos spons lyk. Gooi kookwater in ’n groter bak en plaas gelatienba­kkie daarin. Laat staan tot gelatien heeltemal gesmelt het. Voeg gesmelte gelatien by warm vlamengsel. Meng goed en laat effens afkoel. Voeg roomkaas by en meng goed. Vou styfgeklop­te room by. Gooi vulsel in pan met koekiekors en plaas in yskas vir 4 – 5 uur of oornag tot gestol. Haal tert versigtig uit pan en sprinkel gerasperde suurlemoen­skil bo-op.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa