Sarie Kos

SUURLEMOEN­KONDENSMEL­KTERT

-

(bl. 66) Sarah Louwrens van die Krugerwild­tuin deel ’n resep wat sy graag op warm somerdae maak.

GENOEG VIR 6

• 5 KLEIN KARAMEL-ROLKOEKIES • 1 X 385 ML-KONDENSMEL­K • 2 X 250 G- GLADDE GEWONE MAASKAAS • 100 – 200 ML SUURLEMOEN­SAP (HANG AF HOE

SUUR JY DIT WIL HÊ) • 2 X 420 G-BLIKKE PERE • 70 G (90 ML) SUIKER

ESny rolkoekies in skywe en voer ’n tertbak van 26 cm in deursnee daarmee uit (sien foto). Gooi kondensmel­k, maaskaas en suurlemoen­sap saam in ’n mengbak. Klits goed tot dik. Gooi in tertbak op rolkoekies en plaas in yskas vir 3 uur. Dreineer pere en rangskik bo-op. Smelt suiker in ’n kleefvrye pan oor stadige hitte tot karamel vorm. Sprinkel die karamel in patrone op bakpapier en laat hard word. Versier die tert met die karamel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa