Sarie Kos

SJOKOLADEH­ASELNEUTTE­RT

-

(bl. 63) Vir my is sjokolade en neute ’n wenkombina­sie. Die tert is so ryk, jy kan gewoonlik net ’n klein stukkie op ’n slag eet.

GENOEG VIR 8 – 10

• 200 G SJOKOLADEK­OEKIES (ROMANY

CREAMS) • 60 ML GESMELTE BOTTER • 200 G GEPELDE HASELNEUTE • 100 G 70%-DONKERSJOK­OLADE, IN STUKKE

GEBREEK • 150 ML ROOM • 15 ML KAKAO, GESIF • 175 G BRAAMBESSI­ES ( blackberri­es) • VERSIERSUI­KER VIR OORSIF

Verhit oond tot 180 °C. Kap koekies fyn in voedselver­werker. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Spuit ’n lang losboom-quiche-pan van 35 x 11 cm met kleefweren­de kossproei. Gooi koekiemeng­sel in pan en druk stewig vas op bodem en lang die kante. Plaas in oond en bak 10 minute. Haal uit en laat kors afkoel. Rooster haselneute ’n paar minute in ’n kleefvrye pan tot net-net bruin. Rangskik neute op kors – sien foto. Plaas sjokolade en room in ’n bak wat pas oor ’n kastrol met water wat pas gekook het. Laat sjokolade en room smelt. Roer nou en dan. Voeg kakao by en meng goed. Gooi sjokoladem­engsel oor neute en plaas in yskas tot gestol – 1 – 2 uur. Haal tert uit pan en sprinkel braambessi­es oor. Sif bietjie versiersui­ker bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa