Sarie Kos

HOENDER- EN-SAMPIOENPA­STEI

-

(bl. 71) Met apologie aan die geveerdes van Chicken Run wat so kliphard veg om uit die oond te bly, is daar vir my niks wat so lekker is soos ’n heerlike hoenderpas­tei nie.

GENOEG VIR 6

• 60 ML OLYFOLIE • 1 KG HOENDERDYE EN -BOUDJIES (MET VEL EN BEEN) • SAP VAN 1 SUURLEMOEN • 60 ML WORCESTERS­OUS • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 300 G PREIE ( leeks) • 30 ML OLYFOLIE • 30 ML BOTTER • 2 KNOFFELHUI­SIES, FYNGEKAP • 250 G SAMPIOENE, IN SKYWE GESNY • 1 X 400 G-VEL BLAARDEEG • 1 GEKLITSTE EIER

Verhit oond tot 180 °C. Gooi die 60 ml olyfolie in ’n oondbak en pak hoenderstu­kke in bak. Gooi suurlemoen­sap en worcesters­ous oor. Geur met sout en peper en maak bak toe met foelie. Plaas in oond en oondbak 1 uur. Haal foelie af en oondbak verder tot hoender mooi bruin is. Terwyl hoender in oond is, sny preie in skywe. Plaas in vergiettes en spoel goed af om van al die sand ontslae te raak. Verhit die 30 ml olyfolie en botter in ’n pan en voeg preie en knoffel by. Braai tot preie net sag is en voeg sampioene by. Braai verder tot sampioene en preie sag is. Haal hoender uit oond en laat effens afkoel. Verwyder al die vleis van die bene en breek in kleiner stukke. Meng hoender en preiemengs­el en laat heeltemal afkoel. Skep in pasteibak van 26 cm in deursnee. Plaas ’n pastei-tregter in die vorm van ’n voëltjie in die middel van die vulsel. Sny lang stroke van so 2 – 3 cm uit die blaardeeg. Plaas dit op die vulsel om die rand van die bak (sien foto). Smeer deegstroke met geklitse eier. Sny ’n groot sirkel uit res van deeg en maak ’n kruisie in die middel. Plaas deegsirkel bo-op vulsel en druk die voëltjie se koppie deur die kruisie (sien foto) sodat stoom kan ontsnap. Druk die deegsirkel vas op die strook om die rand. Smeer geklitste eier bo-op en plaas in oond. Oondbak 30 – 40 minute tot deeg goudbruin en bros is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa