Sarie Kos

PRUIMEDANT­E

-

Samira Rhoddane se resep vir my gunsteling-tagine. Die skaapvleis word gesny in stukke so groot soos haar handpalm, vertel Samira. Sy verkies ontbeende

boud vir die gereg.

GENOEG VIR 2

LAM-TAGINE • ½ KG SKAAPVLEIS, IN

STUKKE GESNY • 4 UIE • KNIPPIE ELK SOUT,

SWARTPEPER EN GEMMER • 1 DRAADJIE SAFFRAAN • KOPPIE OLYFOLIE

Maak die skaap skoon, Sny die uie in klein stukkies, meng met vleis, voeg speserye by en braai 1½ uur oor lae hitte in oyfolie. Voeg water by soos benodig, nie meer as 1 koppie nie.

PRUIMEDANT­E • 250 G PRUIMEDANT­E • 4 EETLEPELS OLYFOLIE • 3 TEELEPELS KANEEL • ¼ KOPPIE SUIKER Maak die pruimedant­e skoon en week met pit en al vir 15 minute in koue water. Laat kook 4 eetlepels olyfolie in ’n ¾ koppie water. Sodra mengsel kook, gooi pruimedant­e in en kook nog 15 minute sodat die vrugte kan swel. Voeg nou 3 teelepels kaneel en ¼ koppie suiker by en kook nog 5 minute in oop kastrol. Dit mag nie geroer word nie – die pot moet met sirkelbewe­gings geskud word. Skep pruimedant­e oor die vleis en versier dit met geskilde, gekookte amandels.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa