Sarie Kos

EIERS!

In sy soektog na die storie agter die bestanddel­e in kos, maak kosredakte­ur Herman Lensing kennis met Angus McIntosh en sy ‘meisies’ – 4600 geveerde dames, wat daagliks van die beste eiers in Suid-Afrika lewer. Angus en sy henne sorg ook vir inspirasie

-

Goeiemôre, my meisies!” groet Angus elke oggend sy spierwit lê-henne. “Hoe gaan dit met jou, hartjie?” vra hy vir die een onder sy arm en streel haar saggies oor die kop. Só herbevesti­g hierdie hoenderboe­r op die Spier-wynlandgoe­d, naby Stellenbos­ch, doelbewus sy liefde en toewyding aan dié diere.

Dit vorm deel van die groter biodinamie­se visie van die plaas as ekosisteem, sê Angus, wat onder meer behels dat kos van die hoogste gehalte geprodusee­r word met geen of baie min negatiewe impak op die omgewing. Hy glo gelukkige diere lewer smaaklike produkte, en hy is glad nie skaam om te sê sy henne se eiers is die beste in Suid-Afrika nie. Jy wil glo dis waar, veral as jy hoor top-restaurant­e soos Le Quartier Français op Franschhoe­k, Atlantic Suites in Kampsbaai en Grande Roche in die Paarl koop almal sy eiers.

Angus is die hoofboer op Spier, en afgesien van hoenders, boer hy ook met beeste en druiwe vir die plaas se wyn. Volgens Angus kry jy net twee soorte boere: Dié wat die omgewing afbreek en dié wat die omgewing opbou. As jy kyk na die uitgestrek­te stuk onomheinde groen grasveld waaraan sy henne hulle verlustig

 ??  ?? foto’s WILLEM LOURENS
& DONNA LEWIS teks SHERLIN BARENDS
foto’s WILLEM LOURENS & DONNA LEWIS teks SHERLIN BARENDS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa