Sarie Kos

ENGELKOEK

-

(bl. 88) Die toonbeeld van sagte vroulikhei­d en romanse. So lig soos ’n veer en soet soos stroop.

1 GROOT KOEK

• 180 ML LEMOENSAP • 7 EIERGELE • 125 ML KANOLA-OLIE • 3 ML SOUT • 5 ML BAKPOEIER • 320 G (560 ML) KOEKMEEL • 9 EIERWITTE • 5 ML KREMETART • 315 G (375 ML) STROOISUIK­ER • 100 G WITSJOKOLA­DE • 125 ML ROOM • 6 APPELKOSE, GEHALVEER

Verhit oond tot 160 °C. Meng lemoensap, eiergele, olie, sout, bakpoeier en koekmeel saam tot glad. Plaas eierwitte en kremetart in bak van ’n elektriese menger en klits tot sagte punte vorm. Gooi strooisuik­er geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Skep 1/ van eierwitmen­gsel by

3 eiergeelme­ngsel en meng tot lig en los. Vou oorblywend­e eierwitmen­gsel versigtig in met slaplemmes. Gooi beslag in ’n ongesmeerd­e engelkoekp­an. Bak 40 – 45 minute of tot die buitekant goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit oond en draai pan onmiddelli­k onderstebo. Laat afkoel tot koud. Gebruik ’n slaplemmes en druk dit tussen die koek en die buiterand van die pan in. Sny koek versigtig los. Doen dieselfde in die middel van die koek. Keer versigtig uit. Smelt sjokolade en room saam oor lae hitte. Laat koel af tot dik en romerig. Gooi oor koek en pak appelkose bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa