Sarie Kos

ASPERSIES EN SPEK

-

(bl. 89) Jy kan maar genoeg hiervan maak, want jou gaste gaan vra vir nog!

GENOEG VIR 6

• 24 VARS ASPERSIES • 1 X 250 G-PAKKIE STREPIESPE­K • OLYFOLIE • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 12 EIERS

Verhit oond tot 180 °C. Draai aspersies toe met spek. Pak op kleefvrye bakplaat. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en peper. Plaas in oond en bak 15 – 20 minute of tot goudbruin en bros. Kook intussen die eiers: Plaas dit in ’n kastrol en bedek met koue water. Sit kastrol op plaat oor matige hitte en bring tot kookpunt. Kook 3 minute vir sagte eiers waarvan die geel nog loperig is, 5 minute vir medium-harde en 10 minute vir harde eiers. Bepaal tyd van die oomblik dat die water begin kook. Haal kastrol van plaat af en gooi koue water oor die eiers sodat die kookproses stop. Sit voor met aspersies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa