VARK-KROONBRAAD MET AP­PELS

Sarie Kos - - Heerlik Vir Jou & gensond Vir Diabete -

Hier­die snit kom uit die Mid­del­eeu­se kook­kuns. Dis ba­sies 2 rib­stuk­ke uit die len­de van die vark wat in ’n sir­kel met tou vas­ge­bind en ge­oond­braai word. In En­gels staan dit as cro­wn­ro­ast be­kend.

GE­NOEG VIR 10 – 12

• 500 G VARKMAALVLEIS • 1 UI, FYN­GE­KAP • 1 GROEN­AP­PEL, GE­RAS­PER • 100 G OK­KER­NEU­TE, FYN­GE­KAP • 6 SA­LIE­BLA­RE, FYN­GE­KAP • 2 KNOF­FEL­HUI­SIES, FYN­GE­KAP • SOUT EN VARS­GE­MAAL­DE SWART­PE­PER • 1 GROOT VARK-KROONBRAAD VAN 16 BE­NE – VRA JOU SLAG­TER OM DIT VIR JOU TE SNY EN DIE BE­NE SKOON TE MAAK • 350 ML HOEN­DER-AF­TREK­SEL • 500 ML APPELWYN ( ci­der) • 4 AP­PELS, GE­HAL­VEER

Ver­hit oond tot 180 °C. Meng maal­vleis, ui, ge­ras­per­de ap­pel, neu­te, sa­lie en knof­fel. Geur baie goed met sout en pe­per. Plaas kroonbraad in oond­braai­bak en vul die hol­te in die mid­del met die maal­vleis­meng­sel. Plaas af­trek­sel en appelwyn in oond­pan saam met hal­we ap­pels. Maak he­le pan toe met foe­lie en plaas in warm oond. Oond­braai toe vir so­wat 2 uur. Ver­wy­der foe­lie en oond­braai nog 30 mi­nu­te oop of tot goud­bruin. Voeg ge­reeld nog af­trek­sel of wa­ter by as sous in oond­bak weg­kook. Sit warm voor met pan­sous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.