Sarie Kos

MET DRUIWE-SALSA

-

(bl. 103) Jy kan jou byna verbeel dis mosbolletj­ies! Die salsa pas ewe lekker by vis of oondgebraa­ide hoender.

GENOEG VIR 10

BROOD • 45 ML HEUNING • 100 ML LOUWARM WATER • 250 ML KARRINGMEL­K • 60 ML KANOLA-OLIE • 25 ML ANYSSAAD • 1 X 10 G-SAKKIE KITSGIS • 500 G (890 ML) KOEKMEEL • 10 G SOUT

SALSA • 250 G ROOI DRUIWE, GEHALVEER • 250 G WIT DRUIWE GEHALVEER • 1 ROOI-UI, FYNGEKAP • 60 ML ROOIWYN-ASYN • 30 ML HEUNING • 60 ML OLYFOLIE • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER

Plaas heuning, water, karringmel­k, kanola-olie en anys in bak van elektriese menger. Voeg res van bestanddel­e vir brood by en meng tot stywe, kniebare deeg vorm. Knie 5 – 8 minute of tot glad. Plaas in skoon bak wat met olie gesmeer is. Maak bak toe met kleefplast­iek en laat rys 30 – 40 minute op warm plek tot dubbel in volume. Spuit ’n broodpan van 20 x 10 cm met kleefweren­de kossproei. Druk deeg onderin pan en laat weer rys op warm plek tot dubbel die volume. Verhit intussen die oond tot 180 °C. Bak brood 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit op afkoelrakk­ie. Maak salsa só Meng al die bestanddel­e en sit voor saam met die brood.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa