Sarie Kos

BEESSTERTP­ASTEIE MET SOET MOSTERD

-

(bl. 103) Maak dit voor die tyd en hou in die vrieskas – bak wanneer benodig.

GENOEG VIR 16

• 1,25 KG BEESSTERT • 2 UIE, FYNGEKAP • 60 ML OLYFOLIE • 3 KNOFFELHUI­SIES, GEKAP • 1 X 400 G-BLIK TAMATIES • 500 ML ROOIWYN • 45 ML GEROOKTE PAPRIKA • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 2 X 400 G-ROLLE BLAARDEEG • 1 GEKLITSTE EIER

Aand voor jy pastei maak Verhit oond tot 100 °C. Plaas beesstert in oondvaste pot met deksel. Meng res van bestanddel­e behalwe blaardeeg en eier saam en gooi oor beesstert. Maak pot toe en bak oornag of 8 uur. Maak pasteie só Verhit oond tot 180 °C. Verwyder gaar beesstert uit sous en vlok fyn met vurk. Voeg genoeg potsous by om vleis klam te maak. Verdeel elke vel blaardeeg in 8 vierkante van 12 x 12 cm. Skep bietjie vleisvulse­l in middel van elke vierkant en bring hoeke bo bymekaar sodat dit soos ’n wasgoedbon­del lyk (sien foto). Pak op kleefvrye bakplaat en verf met eier. Bak 25 – 30 minute of tot goudbruin en bros. Sit koud voor met outydse soet mosterd (resep volg).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa