Sarie Kos

MET ROOMYS

-

(bl. 105) Die heuning maak die perskes suikersoet.

GENOEG VIR 12

• 250 ML ROOM • 100 G NOUGAT, GROFGEKAP • 100 G GEKOOPTE MERINGUE, GROFGEKAP • 45 ML SAGTE BRUINSUIKE­R • 100 ML HEUNING • 1 VANIELJEPE­UL, SAADJIES UITGEKRAP • 60 ML WATER • 12 PERSKES, GEHALVEER

Klits room in ’n middelslag-mengbak tot stywe punte vorm. Vou nougat en meringue in. Skep mengsel in ’n roomysbak en laat vries oornag. Verhit oond tot 200 °C. Meng suiker, heuning, vanielje en water. Plaas vrugte in ’n oondvaste bak of kolwyntjie­pan en gooi suikerstro­op bo-oor. Oondbraai 20 – 25 minute of tot perskes sag is. Sit warm vrugte met balle van die roomys voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa