Sarie Kos

PRETORIA

SE BESTE BREKFISPLE­KKE

- Teks en foto’s PHYLLIS GREEN

Dis die klimaat wat maak dat Pretoria se mense soggens uit hul huise stroom om om ’n tafel te gaan kuier. Só glo Pieter Mathews, argitek en sameroeper van die guerrilla-kuns-biënnale Cool Capital, wat tweejaarli­ks in dié “dorpstad” gehou word.

“Ek beskou Pretoria as ’n oggendstad en sy inwoners is lewerikke, eerder as uile. Dis oor die goeie weer. Nie dat hulle nie lekker partytjie kan hou nie, maar hulle is beslis aktief in die oggend. Ek is self ’n oggendmens. Mense wíl hier vroeg uit die bed klim.

“Ek was vroeër betrokke by die Pretoria Instituut vir Argitektuu­r en ons het gevind ’n ontbyt werk altyd goed, want dit bots met niemand se sosiale program nie. Sakeontbyt­e is netwerkgel­eenthede, vinnig in en vinnig uit. Mense kan daarna werk toe gaan. Aande en naweke is baie waardevol, want dis afskakelty­d. Ontbyt is ook ’n meer ekonomiese manier van onthaal, die drankreken­ing is kleiner. Dit pas mense beter.”

Pieter se gunsteling-brekfisple­k is Afro-Boer. “Daar is ’n mooi tuin, groot bome en dis mooi groen. Ek het ’n suikertand en die sjef, Michelle Cronjé-Cibulka, bak uitstekend, met flair. Café 41 in Groenkloof is ook ’n bakermat in die stad. Dit was een van die eerste plekke in Pretoria waar jy buite op die stoep kon sit en eet. Stephnie’s bied goeie waarde vir geld.

“Die eetplekke is wyd versprei, maar Pretoriane­rs is bereid om oor die breedte van die stad te ry, want elke plek bied iets anders, sulke eilande van uitnemendh­eid. Mense is nie meer bang om uit hul omgewing te beweeg nie, maar dis interessan­t dat hulle baie lojaal is; hulle sal nuwe plekke beproef, maar altyd teruggaan na hul spesiale plek. Die kos-en-kunsmarkte het ook bygedra tot die eetkultuur in Pretoria, want mense kan daar vreemde kosse proe, teen billike pryse.”

Vir die spanningsv­erhaalskry­wer Irma Venter is uiteet byna ’n stokperdji­e en ontbyt is ’n gunsteling. “Gauteng genereer 35% van Suid-Afrika se inkomste. Die ekonomiese hartklop van die land werk van vroeg tot laat, dis taamlik wel bekend. Jy moet hustle in Gauteng. Ons kry ook meer ekonomiese toeriste as kom-kyk-toeriste. Dit beteken die provinsie moet reg staan vir mense wat hul dag baie vroeg wil begin, met die meeste plekke wat reeds sewe-uur hul deur oopmaak. Ek dink misdaad speel ook ’n rol. Gautengers vermy dit om te laat uit te gaan, en kuier eerder oor ontbyt en middagete as saans. Dit verduideli­k ook al die matinee-vertonings by teaters. Ekonomies is dit ook net goedkoper om ontbyt te eet.

“Tribeca Original in Brooklyn Square maak die lekkerste koffie, en die spek is dik en rokerig en heerlik gebraai. Sonde! Vir ietsie oorspronkl­iks en heel dikwels eg Afrikaans is Carlton Café Delicious in Menlopark ook ’n gunsteling, veral die taai koffie met kondensmel­k. Verkies jy iets meer eksoties, kan jy op Saterdae oorkant die pad by die Hazelwood-kosmark ’n draai maak. Pure Café in Colbyn slaan ’n fantasties­e salm-omelet aanmekaar, al is dit effens duur. Baiekeer is daar op ’n Saterdagog­gend ’n paar jong jazz-musikante wat musiek maak terwyl jy op die stoep sit en eet.

“Ek hou van ’n oorspronkl­ike eetplek met ’n oorspronkl­ike spyskaart. ’n Unieke plek met ’n unieke atmosfeer, waar die eienaar betrokke is en besoekers op die naam groet. Dis ook ’n absolute bonus om buite te kan sit, op die stoep of onder die bome. Suid-Afrika het ’n wonderlike klimaat in vergelykin­g met ander plekke in die wêreld.”

Rachel Botes, sjef en eienaar van Carlton Café Delicious, sê Pretoriane­rs hou daarvan om vinnige ontbytverg­aderings te hou. “Ons kry baie mense van die universite­it wat byvoorbeel­d besoekers van Johannesbu­rg kom ontmoet vir ’n vinnige vergaderin­g. Dan is daar die skoolaflaa­i-brigade. Baie vroue laai eers hul kinders af en kuier dan gou vir brekfis saam voor hulle kantoor toe gaan. Ontbyt is vinnig, nie ’n lang uitgerekte middagete wat in ’n aand-ding ontwikkel nie. Saterdagog­gende is dit ’n ander storie, want dan eet Pretoriane­rs so van tienuur af, en hulle is nie so haastig nie.”

 ??  ??
 ??  ?? Carlton Café Delicious
Carlton Café Delicious
 ??  ?? Kleinkaap Boutique Hotel
Kleinkaap Boutique Hotel
 ??  ?? La Coco
La Coco

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa