Sarie Kos

Hier by SARIE en SARIE KOS is middagete ’n lekker sosiale geleenthei­d...

- Barbara Joubert kosredakte­ur SARIE KOS

Voor eenuur is ons almal so besig agter ons rekenaars dat daar nie veel gesels word nie. Maar oor een ding praat ek en Pieter Hugo, SARIE KOS se projekbest­uurder, elke dag sonder uitsonderi­ng – wat gaan ons vir middagete eet, het jy iets van die huis af gebring of moet ons iets gaan koop …

Ons eet nie by ons lessenaars nie, maar in ’n vertrek wat ons die chill room noem. Daar gesels ons oor alles en nog wat – en ons kyk wie éét wat.

Baie van die redaksiele­de pak vir hulle middagete in kantoor toe en ek het al heerlike idees gesien. Lucelle Hough, SARIE se digitale redakteur, bring elke dag ’n slaai saam wat sy in lae in ’n fles pak. Sy stel ’n goeie voorbeeld vir ons almal om nie altyd net iets te koop nie.

Dekorredak­teur Lounette Fourie, weer, maak vir haar ’n eier in die mikrogolfo­ond. Sy breek dit oop in ’n koppie, prik die eiergeel en plaas ’n piering bo-op. Dan verhit sy dit vir 30 sekondes in die mikrogolf en eet dit saam met slaai. Dís nou slim.

Carmen Botma, ons bemarkings­assistent, het nooit van avokado gehou nie, tot sy dit verlede jaar as’t ware ontdek het. Daarna het sy elke dag ’n avokado met rogkoekies geëet. Sy was letterlik verslaaf daaraan.

Pieter Hugo kook heerlike Italiaanse kos by sy huis. Hy maak altyd genoeg van die klein Italiaanse frikkadell­e (polpetti) sodat hy daarvan kan inpak werk toe. Ek het al baiekeer gewens dat hy vir my ’n porsie sal bring – maar miskien sal dit nou gebeur. So teen die einde van die maand kan middagetes nogal interessan­t raak, want dan pak die kollegas in wat hulle in die yskas het, en dis gewoonlik maar skraps. Eers die dag ná betaaldag is daar weer allerlei smulkos in die chill room.

Baie redaksiele­de bring oorskietko­s van die vorige aand kantoor toe, maar self is ek selde lus vir gisteraand se maal. My gunsteling op die oomblik is mieliekoek­ies, met kaas en vars tamatie bo-op en natuurlik avokado.

My voorneme is om vanjaar meer dikwels kos werk toe te bring en nie elke dag iets te gaan koop nie. Op bl. 48 kom Tanya Fourie vorendag met ’n klomp lekker voorstelle vir inpakkos – ook vir jou kinders se kosblik skool toe. Lekker kook!

Barbara

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa