Sarie Kos

Barbara sê

-

Ek kies al jare kortpad in my kombuis. Toe my kinders klein was, het ek altyd vir hul verjaardae my gewese lektrise Ina Paarman se sjokoladek­oek-in-’n-boks gebak. Dis een van die heel lekkerste koeke, maklik en vinnig om aanmekaar te slaan. Menige keer het ’ n ander ma dié resep gevra en dan het ek net gesê ek sal dit stuur. Een ma het so baie van die koek gehou, sy het elke jaar partytjie toe gekom net vir die eet.

Ek en ’n vriendin, Mapula van Biljon, het jare gelede spysenieri­ng gedoen. Een aand het ons ’ n ete vir 30 mense gehad. Gesiene wynmakers en koskenners. Ons was moeg en Mapula verklaar toe sy gaan nie die sjokoladem­ousse ook nog maak nie. Sy’t pakkies kits-sjokoladem­ousse gekoop en dit opgedollie met baie room en brandewyn. Só flous ons toe al ons grênd gaste, en hulle was mal daaroor!

Die TV-program Come dine with me – die Britse weergawe – is lekker kykstof. Maar iets wat my pla, is dat die deelnemers altyd beweer hulle het alles self gemaak, selfs fillodeeg. Wie op aarde maak nog self fillodeeg? Jy koop dit!

Kollega Herman Lensing se gunsteling-kortpad is gekoopte sponskoek – daardie koeke wat jy by jou supermark se bakkery kry. Die geheim om die koek te laat smaak of dit in jou eie kombuis gebak is, is om dit te bedruip met ’ n suikerstro­op of bietjie soetwyn. Dit raak lekker klam en niemand sal kan raai dis winkelkoek nie. En dan gee jy dit smaak en tekstuur met van sjokoladem­ousse tussen die lae tot gesoute karamelsou­s bo-oor.

Tanya Fourie, SARIE.com-kosredakte­ur, gebruik graag ’ n gaar winkelhoen­der. Dit spaar moeite en elektrisit­eit, en die bonus is daar’s geen ekstra skottelgoe­d nie. Dis haar staatmaker-bestanddee­l wanneer sy nie weet wat om te kook nie, vertel Tanya, want jy kan dit maklik omskep in ’ n verskeiden­heid geregte soos hoenderpas­tei, Thai-groenkerri­e of ’ n voedsame slaai.

Die boodskap is duidelik: Kortpad in die kombuis maak jou lewe makliker – doen dit net!

Die volgende uitgawe van SARIE KOS is vanaf 30 Mei te koop.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa