Sarie Kos

Barbara sê

-

Dis Oktober, die maand waaroor C. Louis Leipoldt so pragtig geskryf het in een van sy bekendste gedigte. Louis wie?, hoor ek die jongmense vra. Dis verstommen­d hoe min mense deesdae nog weet van hierdie man, sekerlik een van die grootste koskenners wat ons land nog opgelewer het. ’ n Oud-redaksieli­d het juis kom vertel die biblioteka­resse op haar dorp kan sy naam nie eens spel nie!

Leipoldt is in 1880 op Worcester gebore. As geneesheer, skrywer, digter en natuurkenn­er het hy oor die wêreld gereis en wye kennis oor kos opgedoen. Uit sy pen het kosbare boeke soos Kos vir die Kenner, Lei pol d t’sC ape C ook e ry, Polfyntjie­s

vir die Pro een Lei pol d t’sC el la rand Kit c hen verskyn. Die man was ’ n ware koskenner, ’ n avontuurli­ke kok en sy tyd ver vooruit, sê

Kokkedoor- wenner Mynhardt Joubert, wat vir ons van Leipoldt se geregte herskep in ’ n artikel op bl. 20. Mynhardt weet waarvan hy praat, want hy kook gereeld etes met ’ n Leipoldt-tema vir groot groepe.

Vir my is Leipoldt se koskennis net so kosbaar soos dié van voormalige SARIEkos redakteur Peter Veldsman. Hy inspireer my al jare lank, vandat ek ’n student was. As ek iets wou weet, het ek altyd vir Peter gebel. Hy is self ’ n groot aanhanger van Leipoldt, soos hy gewys het in sy eerste kookboek, getiteld Eet saam met Lei pol d t. In sy jongste boek, Wat die Hart van Vol Is, vertel P eters y eie lewensverh­aal. Lees op bl. 56 hoe sy ma Leipoldt se skilpadsop in die hotel op sy grootwordd­orp voorgesit het.

Ek is passievol oor ons onthou-kos. Ja, jy kan ’n resep aanpas en meer modern maak, maar sekere resepte is so na aan volmaak, jy moet ekstra versigtig te werk gaan. Dié dat ek glad nie aan die bestanddel­e van my gunsteling-malvapoe dingresep verander het nie – ek het dit bloot in ’ n doughnut-pannetjie gebak – en op die voorblad sien jy die verleideli­ke resultaat! In die artikel op bl. 46 deel ek nog sulke kinkels in klassieke resepte.

Hier’s jou kans om self met iets nuuts vorendag te kom. Lekker kook!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa