Sarie Kos

Malvapoedi­ngdoughnut­s

-

(bl. 53) Jy kan doughnut- pannetjies deesdae oral in winkels kry. Ek bak malvapoedi­ng graag in die pannetjies. Sit voor saam met roomys of winkel-vla.

genoeg vir 12

15 ml botter 100 g (125 ml) suiker 1 eier, geklits 180 g (320 ml) koekmeel, gesif 5 ml koeksoda 95 ml melk 15 ml fyn appelkoosk­onfyt 15 ml bruin asyn

SOUS

125 ml ingedampte melk 125 ml warm water 200 g (250 ml) suiker 15 ml botter 2,5 ml vanieljege­ursel

1. Verhit oond tot 180 °C. Spuit doughnut- pannetjie met kleefweren­de kosproei. Room botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg geklitste eier by en vou gesifte meel in. Meng koeksoda met melk en voeg saam met res van bestanddel­e by die meelmengse­l.

2. Skep beslag in ’n groot spuitsak en spuit in pannetjies. Plaas in oond en bak sowat 10 – 12 minute. Druk ’n dun toetspenne­tjie in een van die malvapoedi­ngs om seker te maak dis gaar – die pennetjie moet skoon uitkom.

3. Maak die sous terwyl die malvapoedi­ngs in die oond is. Gooi ingedampte melk, warm water en suiker in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy dit roer – die suiker moet gesmelt wees voor die mengsel kook. Voeg botter en geursel by en roer tot botter smelt.

4. Haal poedings uit oond en gooi sous bietjiesge­wys oor warm poedings tot alles op is. Sit voor saam met roomys van jou keuse.

 ??  ??
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa