Sarie Kos

Michélle sê

- Redakteur SARIE/SARIE KOS

‘Tussen al die nuwigheid sal al die bekende smake áltyd eerste wees’

Vanjaar, ’n volle dekade gelede, het ons SARIE KOS vir die eerste keer bekend gestel. Wat ’n viering van smake en geure was dit nie!

Inspirasie­kos, lui-langtafel-kuierkos, vinnige 30-minute-etes, Suid-Afrikaanse gunsteling­e en al daardie eie Afrikaanse geregte waarmee ons grootgewor­d het en waaroor ons steeds droom. En ja, éérlike kos, het die kosredakte­ur,

Barbara Joubert, altyd volgehou. Kos wat vars en met omgee berei word.

Lesers het SARIE KOS met groot lekkerkry ontvang. Dit was ’ n kostydskri­f soos geen ander op die SA mark nie … en hier is ons steeds! Maar nou met ’ n bietjie van ’n verskil.

Ná tien jaar is hierdie uitgawe Barbara se laaste SARIE KOS. Sy weet hoe dankbaar ek altyd sal wees dat ek en sy saam hierdie tydskrif kon begin. Dat ons saam hierdie kosreis kon aanpak. Dat haar passie en vindingryk­heid hierdie tydskrif ’ n blywende, unieke karakter gegee het.

Maar ’ n boer maak ’ n plan, en ons plan is gemaak, want Herman Lensing, SARIE se huidige kosredakte­ur, sal die leisels nou ook by SARIE KOS oorneem. Daarmee saam sal hy ’n oog hou oor al die kosartikel­s op ons webtuiste, SARIE.com. Vir seker is daar baie nuwe idees én ’ n splinternu­we TV-kosprogram wat Herman en SARIE eersdaags gaan aanpak, maar soos hy altyd sê: “Barbara het my geleer dat die leser altyd eerste kom.” So wees gerus, tussen al die nuwigheid sal al die bekende smake áltyd eerste wees. Geniet hierdie nuwe kosreis saam met ons! Vir Barbara wens ons die beste toe, en ons weet, daar waar kos is, sal Barbara wees.

Haar passie is net te groot.

 ??  ?? Herman Lensing, SARIE se kosredakte­ur
Herman Lensing, SARIE se kosredakte­ur

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa