Sarie Kos

8 dinge wat jy van tequila moet weet

-

1. Hoe hard slaan tequila? Baie – die alkoholinh­oud is minstens 38%. En hoe tel ’n tequiladri­nker, volgens die grapjasse? Een tequila,

twee tequila, drie tequila, vloer …

2 Kan vroue, soos hulle beweer, meer tequila

wegslaan as mans? Daar is geen studie wat dit bewys nie, maar jy sal beslis nie met ’n vrou wat ’n paar tequilas agter die blad het, daaroor stry nie. Navorsing het getoon die tipe vrou wat tequila drink, is vrydenkend en vol selfvertro­ue en sy laat

nie met haar mors nie.

3. Waar kom tequila

vandaan? Dit drup uit die hart van die blou agaweplant teen die heuwels om die dorp Tequila in die Jalisco-omgewing in Mexiko. Eers ná sewe jaar se groei kan die hart van die plant uitgesny word, om ná verwerking sowat 1 liter tequila per plant

te lewer.

4. Hoekom lyk en smaak soorte tequila

verskillen­d? Die kleur wissel van helder tot goudbruin, meestal as gevolg van verouderin­g ná distilleri­ng. Daarby is tequila van agawe in hoër liggende streke soeter en vrugtiger as die

aardse smaak van agawe in die laaglande.

5. Die verskil tussen tequila en mezcal?

Laasgenoem­de word vervaardig uit meer as 30 agawe-variëteite, terwyl slegs een blou agawe-kultivar vir die maak van egte tequila geoes word. Die 16de-eeuse Asteke van Mexiko het geglo

agawe is ’n heilige plant wat die siel troos. 6. WAT KOS DIT? Jy betaal beslis meer vir suiwer tequila, maar darem nie so duur soos vir die duurste bottel wat tot nog toe in Mexiko verkoop is nie – 1 liter van ’n beperkte uitgawe vir $225 000 (sowat R3 m)! Die bottel was darem met goud en platinum versier. Miskien het jy ook al daai bottels gesien met die wurm in? Dis die larwe van die mot wat op die agawe-plant lewe, en dis net ’n bemarkings­foefie.

7. Die Spaanse besetters van die Amerikas het al in 1521, toe hul brandewyn opgeraak het,

agawe gedistille­er. 8 Tequila word teen meer as 800 °C gekook. Terwyl dit verdamp, vorm sintetiese diamante, te klein vir juweliersw­are, maar industriee­l bruikbaar in rekenaarsk­yfies. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa