Sarie Kos

Leer maak jou eie gnocchi

-

Gnocchi

Genoegvir8

8 aartappels, geskil 2 eiers 100 g parmesaan-kaas, gerasper 280 g (500 ml) koekmeel plus ekstra vir uitrol varsgemaal­de seesout pastasous van jou keuse

1 Kook aartappels tot sag en gaar en dreineer. Laat afkoel tot koud. Maak met aartappeld­rukker fyn op meelbestro­oide werkvlak.

2 Gebruik jou vingerpunt en maak ’n holte in die middel van die fyn aartappels. Breek eiers in die holte oop.

3 Voeg fyngeraspe­rde parmesaan-kaas by, asook ongesifte koekmeel. Meng eier, meel en parmesaan met vingerpunt­e saam. Meng aartappel geleidelik van buite af in om sagte deeg te vorm.

4 Sodra deeg kniebaar is, begin knie mengsel tot alles mooi bymekaarko­m. Voeg ekstra meel by as dit nog te klam is. Wanneer mengsel nie meer aan jou handpalm vassit nie, is daar genoeg meel in.

5 Vorm ’n netjiese deegbal en sprinkel ekstra meel op werkvlak. Gebruik skerp mes en sny porsies van deeg af.

6 Rol elke deegporsie in ’n lang wors met jou vingerpunt­e. Maak seker daar is deurentyd meel op jou werkvlak.

7 Gebruik skerp mes en sny elke deegwors op in porsies van 1 cm breed. Bedek porsies deeglik met meel om te keer dat dit aan mekaar vassit wanneer jy dit kook.

8 Bring pot met water tot kookpunt en gooi ruim sout by. Dompel gnocchi-porsies in water en laat kook tot porsies op oppervlak van water dryf. Dreineer en sprinkel olyfolie oor.

9

MAAK SÓ KLAAR

Andrea beveel aan dat jy die gnocchi voorsit saam met ’n eenvoudige pastasous soos bolognese. Sorg dat die sous lekker warm is en gooi die gaar gnocchi in. Skud die pan rond sodat die sous die gnocchi eweredig bedek. Geur en eet saam met goeie parmesaan-kaas.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa