Spek-en-a­vo­ka­do-brood­jies met ei­er

Sarie Kos - - Herfskos vir weeksaande -

(bl. 82) My ma het ge­reeld vir ons sul­ke brood­jies ge­maak, met die ei­er so in die brood­jie ge­bak. Ek tof hom ’n bie­tjie op.

Ge­noeg vir 4

8 re­pe rug­spek 8 snye ci­a­bat­ta-brood 60 ml sag­te bot­ter 4 ei­ers 200 g ge­koop­te gua­ca­mo­le (a­vo­ka­do-s­meer) 2 ta­ma­ties, in sky­we ge­sny sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per hand vol vars kruie vir voor­sit

Ver­hit braai­pan tot warm en droog­braai spek tot goud­bruin en bros, so­wat 2 mi­nu­te per kant. Hou een­kant. Ge­bruik ron­de koe­kie­druk­ker van so­wat 3 cm en druk gat in 4 van die snye brood. S­meer al die brood­snye aan weers­kan­te met bot­ter en ver­hit braai­pan weer tot warm. Braai brood aan weers­kan­te tot goud­bruin en bros. Haal brood­snye son­der gat uit pan en hou een­kant. Breek ei­ers in gat van el­ke sny brood in die pan en bak ei­ers 6–8 mi­nu­te of tot me­di­um­gaar. Haal brood­jies uit pan met ei­er­spaan. S­meer gua­ca­mo­le op heel ge­braai­de brood­snye. Pak spek­re­pe bo-op, ge­volg deur tamatie. Plaas brood­jie met ei­er in bo-op en geur goed met sout en pe­per. Sit warm voor met vars kruie en a­vo­ka­do.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.