VARKWORSIE-F­RIK­KA­DEL-SOP

Maak die frik­ka­del­le van vark­wor­sies, dis klaar vol geur. Die ge­reg is ’n vol­le­di­ge maal.

Sarie Kos - - Vinnig & Maklik -

Ge­noeg vir 6

Ver­hit 15 ml o­lyf­o­lie in ’n ka­strol en braai 1 ge­kap­te ui, 2 fyn­ge­kap­te knof­fel­hui­sies en 1 fyn­ge­kap­te sel­de­ry­stin­gel so­wat 5 mi­nu­te tot sag. Voeg 2 ml droë o­ri­ga­num, 750 ml groen­te-af­trek­sel, 2 x 400 g-blik­kies ge­kap­te

ta­ma­ties, 15 ml ta­ma­tie­pu­ree en 5 ml sui­ker by. Laat prut 15 mi­nu­te tot dit ef­fens ver­dik. Maak die sop fyn in jou voed­sel­ver­wer­ker of ver­sap­per. Gooi te­rug in die ka­strol en voeg 250 ml room by. Geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Druk 6 vark­wor­sies se vleis uit en vorm hap­pie­groot­te frik­ka­del­le. Pak in warm sop en sit dek­sel op ka­strol. Ver­hit oor lae hit­te tot frik­ka­del­le gaar is – so­wat 10–12 mi­nu­te.

Sit warm voor met vars ba­si­lie­kruid.

deur HERMAN LENSING fo­to’s DONNA LEWIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.