Sarie Kos

koelsoem se koesiester­s

Haar stem hoor jy gereeld op RSG wanneer sy en haar kookmaat Flori Schrikker resepte deel uit hul kombuis in Bonteheuwe­l, naby Kaapstad. Koelsoem Kamalie kook Maleis en sy is wyd bekend vir haar koesiester­s. Ons het gaan kuier om die tradisione­le resep te

-

“Ek kook graag omdat dit ’n daad van liefde, is. In my geloof moet jy iemand se maag vol maak om te wys hoe baie jy

vir hulle omgee” Koelsoem Kamalie

Waar kom koesi(e)sters vandaan?

Koesisters – of koesiester­s, soos dit soms in die Kaapse Maleier-kookkuns genoem word – is ’n Ou-Kaapse lekkerny. Dis klein spesery-gegeurde gisdeegbol­letjies, in diepvet gebraai. Vandag word koesisters gewoonlik in suikerstro­op gedoop en dikwels ook in klapper gerol, maar dit was nie altyd die geval nie. In die oudste gepublisee­rde Kaapse resepteboe­k ( CapeCooker­y van A.G. Hewitt, 1890) is ’n resep vir “kosiesters”, wat reeds moderniser­ing ondergaan het, omdat dit nie met gis nie, maar met kremetart gerys is. Tante Allie Hewitt was bekend vir spaarsamig­heid – kenmerkend daarvan word haar koesisters slegs met suurlemoen gegeur en dit bevat ook geen klapper nie. In Hilda’swhereisit (1891) gee Hildagonda Duckitt ’n resep vir suikerlose koesisters, en sy beskryf dit as “Bataafs of Ou Hollands”. Hilda Gerber, wat in 1951 ’n waardevoll­e boek uitgegee het oor Kaapse Maleier-kookkuns, gee 3 resepte vir koesisters. Twee van die resepte word met ’n speserykis­sie van geurmiddel­s soos gemmer, kaneel, nartjieski­l, anys en naeltjies gegeur, voor dit in suikerstro­op en gedroogde klapper gerol word. ’n Interessan­te resep in Hilda se boek is dié van Mev. Samsodien vir kardemom-gegeurde aartappel-koesisters, in suikerstro­op en klapper gedoop. Mev. Samsodien vertel die resep was haar eie uitvinding om te kompenseer vir ’n tekort aan wit meel in die Tweede Wêreldoorl­og en dat aartappel-koesisters altyd Sondae vir ontbyt geëet is.

Koskenner Hetta van Deventer-Terblanche

 ??  ??
 ?? deur HERMAN LENSING foto’s WILLEM LOURENS ??
deur HERMAN LENSING foto’s WILLEM LOURENS
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa