Krum­mel­pap met kai­ings

Sarie Kos - - Die koskollig -

(bl. 67) Glo my, jou dag sal so­veel be­ter wees as jy hier­die een pro­beer!

Ge­noeg vir 6 1. 450 g lams­vet 2. 15 ml heel ko­myn­saad 3. 250 ml wa­ter 4. 1 ml sout 5. 500 ml mie­lie­meel Sny lams­vet in klein blok­kies. Plaas in groot ka­strol en ver­hit oor me­di­um-hit­te tot dit be­gin braai. Ver­hoog hit­te en braai 10–15 mi­nu­te of tot al die vet uit­ge­braai het en oor­bly­wen­de stuk­kies goud­bruin en bros raak. Ska­kel hit­te af en gooi ko­myn by. Los vir nog 1 mi­nuut. Gooi warm vet deur ’n sif en hou bros blok­kies een­kant. Gooi lo­pe­ri­ge vet weg. Bring wa­ter en sout tot kook­punt in ’n ka­strol. K­lits wa­ter met ’n vurk en voeg mie­lie­meel ge­lei­de­lik by – moe­nie kom­mer oor klon­te nie. Maak pot on­mid­del­lik toe met ’n dek­sel en laat kook 15 mi­nu­te so­dat wa­ter weg­kook. Ge­bruik ’n vurk en roer weer deur tot grow­we krum­mels vorm. Ska­kel hit­te af en maak pot toe. Laat die pap 10–15 mi­nu­te stoom. Sprin­kel kai­ings oor en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.