Blou op blou
KAREN DREYER woon op MELKBOSSTRAND en moet ’n baba-tee vir ’n seuntjie reël. Sy is dol oor die see, ballonne en blou, en daarom moet haar okkasie van bo tot onder blou wees. Ou knoopdoop-tegnieke word ingespan vir die tafeldoek, en selfs Chinese papierlan
Blou fluweelkoek
1 groot koek met 4 lae Verhit oond tot 180 °C. Voer twee 30 cm-losboom-koekpanne uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Sif meel, bakpoeier, sout en kakao saam. Hou eenkant. Klits kleursel, olie, vanielje en strooisuiker saam. Voeg eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg karringmelk by en meng goed. Voeg droë bestanddele by en meng tot glad. Roer laastens asyn en koeksoda by. Verdeel mengsel tussen panne. Bak 30-35 minute in warm oond of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel, keer uit op draadrakkies en laat heeltemal afkoel. Sny elke koeklaag in twee sodat jy vier lae het. Plaas een koeklaag op opdienbord en smeer ⅕ van versiersel (resep volg) op laag. Plaas tweede laag bo-op en smeer nog ⅕ op. Herhaal tot al die koeklae gebruik is – eindig met laag versiersel bo. Smeer oorblywende ⅕ van versiersel rondom koek. Gebruik kombuiskwas en verf blou koekkleurselhale oor die hele koek. Sit voor. Klits botter in elektriese menger tot lig en romerig, 5-8 minute. Voeg versiersuiker en roomkaas by. Meng goed. >
700 g (1 250 ml) koekmeel 20 ml bakpoeier 5 ml sout 60 ml kakaopoeier 2 x 30 ml-botteltjies blou koskleursel plus ekstra vir versier 260 ml kanola-olie 10 ml vanieljegeursel 630 g (750 ml) strooisuiker 4 eiers 700 ml karringmelk 10 ml asyn 10 ml koeksoda BASIESE ROOMKAAS-VERSIERSEL 500 g sagte botter 500 g versiersuiker, gesif 1 x 250 g-houer roomkaas
ROOMKAAS-VERSIERSEL