Sarie Kos

Feite en geite oor klapper

-

’n Kokosneut is eintlik glad nie ’n neut nie, maar eerder die vrug van sekere soorte palmbome. Omdat dit ’n vrug is, kan mense met neut-allergieë dit ook eet.

Sowat 11-12 maande is nodig voor ’n kokosneut volledig ontwikkel het en geoes kan word. As jy net die melkagtige water in die vrug wil gebruik, kan jy dit ná 4-6 maande reeds pluk.

In die kokosneut is ’n eetbare wit voering wat gedroog word om klapper te produseer. Jy kan dit tot 6 maande ná die oes steeds uithaal en eet.

In lande soos Thailand en Maleisië word klein apies geleer om die vrugte in hoë bome te pluk. Hulle kan tot 1 600 vrugte per dag vir die boere oes.

word nie net in kos gebruik nie – die olie van die kokosneut is ’n sleutelbes­tanddeel in baie

skoonheids­produkte.

Die hare (sterk vesels) van die bas van die kokosneut word onder meer gebruik om groente en vrugte hidroponie­s te kweek – dis wanneer daar sonder grond geboer word. Klapperhaa­r is ’n baie goeie bergplek vir water.

Daar is verskeie variëteite van klapper, met die neut met die bruin hare die bekendste, maar jy kry ook groen neute

sonder hare.

Klapperroo­m word gemaak deur die eetbare wit vlees in die kokosneut fyn te maal en dan die vloeistof uit te druk. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa