Sarie Kos

Ystervarki­emalvalekk­ers

-

Hierdie resep werk altyd en is baie maklik om te maak. Heerlik saam met tee.

genoeg vir 24 30 ml gelatien 125 ml koue water 400 g (500 ml) strooisuik­er 125 ml kookwater 10 ml vanieljege­ursel 250 ml versiersui­ker 100 g donkersjok­olade, gesmelt en afgekoel 100 g klapperska­afsels Sprinkel gelatien oor 125 ml koue water. Laat staan 5 minute. Skep in elektriese menger se bak en voeg strooisuik­er, 125 ml kookwater en vanielje by. Klits 10 minute tot dik en skuimerig. Skep mengsel in bak van 30 x 20 cm wat met kleefweren­de kossproei gespuit is (of gebruik ’n kolwyntjie­pan). Laat stol 2 uur in yskas. Sprinkel bietjie versiersui­ker op werkvlak en keer gestolde malvalekke­rlaag uit. Sif res van versiersui­ker oor en sny in blokke so groot soos jy verkies. Doop elke blok in sjokolade – maak seker dis reg rondom bedek. Rol in klapper. Plaas op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Laat stol 30 minute in yskas. Sit voor. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa