Sarie Kos

Middagete Oondgebraa­ide rooikerrie­hoender

-

(bl. 28) Dis geen geheim dat ek graag kortpad kies in die kombuis nie. Vir hierdie hoenderger­eg koop ek die klaar bereide rooi (of groen) kerriepast­a sommer in die supermark.

genoeg vir 4 45 ml olyfolie 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies, gekap 30 ml vars gemmer, fyngeraspe­r 100 g rooi kerriepast­a 2 x 410 g-blikke klappermel­k sap en gerasperde skil van 2 suurlemoen­e sout en varsgemaal­de swartpeper hand vol koljander 4 baba-hoenders of 1 groot hoender Verhit oond tot 180 °C. Maak olyfolie warm in groot pot en roerbraai ui, knoffel, gemmer en kerriepast­a 1 minuut. Voeg klappermel­k, en sap en skil van suurlemoen by. Geur goed met sout en peper. Laat kook 10 minute en roer nou en dan. Roer koljander deur. Plaas hoenders op bakplaat en geur goed met sout en peper. Gooi

2/ van die sous oor. Plaas bakplaat

3 in oond en bak hoenders 45 minute (60 minute vir een groot hoender) – skep elke nou en dan van die sous in die pan oor die hoender. Skep gaar hoender op opdienbord en sit voor met oorblywend­e 1/ van sous.

3

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa