Sarie Kos

Piesangroo­mys ( banana split)

-

Wie onthou nie dié klassieke nagereg van die vorige eeu nie? Dis al in 1904 uitgedink in Amerika, met vele variasies wat op die oorspronkl­ike resep gevolg het. My weergawe het karamel en ’n knippie sout in.

genoeg vir 6

200 g suiker 100 ml water 50 ml botter 125 ml room 5 ml sout 6 piesangs, geskil en in die lengte gehalveer 250 ml gekoopte grenadella-smeer ( curd) 1 liter vanieljero­omys

Gooi suiker in ’n pot en voeg water en botter by. Roer met ’n draadklits­er oor lae hitte tot opgelos. Bring tot kookpunt en laat vinnig kook tot ’n goue karamel vorm, 8-10 minute. Moenie roer terwyl die sous kook nie. Voeg room by en meng vinnig met ’n draadklits­er tot glad. Werk versigtig, want die karamelmen­gsel is baie warm. Laat afkoel en gooi sout by. Pak piesangsky­we in opdienbord­e (twee skywe per porsie). Skep lepels vol grenadella-smeer tussenin. Skep balle roomys by. Gooi karamelsou­s oor. Sit voor. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa