Sarie Kos

Sjokoladep­anna cotta met balsemasyn­bessies

-

Asyn en sjokolade saam met vrugte is al so oud soos die berge. Ek het die eerste keer in die Franse kosbybel Larousse Gastronomi­que daarvan gelees. Probeer die nagereg, dis regtig lekker.

genoeg vir 4

15 g gelatien 180 g (225 ml) suiker 5 ml vanieljege­ursel 100 g donkersjok­olade van goeie gehalte, in blokke gebreek 500 ml melk 500 g Griekse-styl jogurt 100 g (125 ml) suiker 100 ml balsemasyn 400 g vars bessies en sagte vrugte soos appelkose 1 vanieljepe­ul se sade

Plaas gelatien in klein bakkie en gooi bietjie koue water oor. Laat stol. Gooi kookwater in nog ’n klein bakkie en plaas eerste bakkie bo-op die bakkie met kookwater. Laat gelatien smelt. Sit suiker, vanielje, sjokolade en melk in ’n kastrol. Plaas oor lae hitte en laat smelt. Haal van hitte af en voeg gesmelte gelatien by. Gooi jogurt by en meng goed. Gooi mengsel in glasbak van jou keuse en laat stol 4 uur of oornag. Bring suiker en balsemasyn tot kookpunt. Verwyder van hitte en gooi warm oor bessies. Roer vanieljesa­ad by en laat afkoel. Skep by gestolde panna cotta. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa