Sarie Kos

Tradisione­le koolslaai kry ’n nuwe gedaante met ertjies en tuisgemaak­te mayonnaise.

-

Gebruik die growwe kant van ’n voedselver­werker se rasper of skerp mes en sny ½ groen koolkop en ½ pers koolkop in dun repies. Meng twee kleure kool saam. Voeg 100 g rosyntjies, 250 g ertjies wat in kookwater gedompel is, en 3 gesnyde stingels seldery by. Meng 250 ml tuisgemaak­te mayonnaise (sien resep langsaan) met 250 ml jogurt en 1 brandrissi­e. Geur goed met sout en peper. Meng deur koolslaai en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa