Sarie Kos

Van waar, piesangbro­od?

- Hetta van Deventer Terblanche – koshistori­kus

Daar is min dinge wat so na “huis” ruik soos die geil geur van vars gebakte piesangbro­od. Dit is veral lekker as dit warm uit die oond kom, in duimdik snye, met ’n koppie tee. Dit wat oorbly, is ewe lekker die volgende dag.

Elke koek en broodjie het ’n familie, van die plat heuning-versoete Antieke Egiptiese “koekbrood” tot die oordadigst­e Pinterest-skepping vandag. Piesangbro­od is ’n taamlike jongeling in die koekfamili­e. Dit het eers ontwikkel nadat koeksoda in die middel 1800’s ontdek is as rysmiddel vir gebak, en koelvervoe­r piesangs se rakleeftyd kon verleng sodat dit landwyd versprei kon word.

Ons voorgeslag­te moes staatmaak op suurdeeg – die natuurlike soort, (nie dit wat ons deesdae in pakkies koop nie) – om gebak te laat rys. Later is lug ingeklop en ingevou met eiers om sponskoek te vorm, voordat potas (kaliumkarb­onaat) en mettertyd koeksoda ontdek is as rysmiddel.

Hoewel piesangs reeds in die Kaapse Kompanjies­tuine aangeplant is, bevat die oudste Suid-Afrikaanse kookboeke nie baie resepte met piesangs nie. Hildagonda Duckitt (1902) noem in haar kookboek dat piesangs skaars was, en in Augustus en September in seisoen is. Sy gee ’n resep vir piesangpof­fertjies en ’n piesangpoe­ding aan en noem dat haar poedingres­ep ’n koloniale resep uit Indië was.

Piesangbro­od het waarskynli­k ontstaan in die vroeë 1900’s, toe huisvroue na vinnige resepte op soek was en voedselska­arste ná die Groot Depressie en Wêreldoorl­oë nie toegelaat het dat ’n krieseltji­e kos vermors word nie, selfs nie eens pap piesangs nie.

My ma se piesangbro­od was voortrefli­k gemaak met bruinerige pap piesangs en gewoonlik gegeur met ’n leksel vanieljege­ursel. ’n Hele aantal verleideli­ke variasies het intussen ontwikkel, byvoorbeel­d met neute, gedroogde vrugte, soutkarame­l en graansoort­e soos hawermout – iets vir selfs die kieskeurig­ste smaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa