Sarie Kos

Kry meer zzz ...

Probeer die volgende wenke en jy sal sommer lekker slaap ook: die eerste prys

-

MOENIE JOU SELFOON IN DIE SLAAPKAMER LAAI NIE

Of jou foon as wekker gebruik nie. Verban trouens alles met ’n skerm uit jou slaapkamer. Die blou lig van digitale skerms skakel die slaaphormo­on, melatonien, af – en maak die brein wakker. Selfs al is jou foon net op gereedheid­sdiens langs jou bed, kan die gloei van kennisgewi­ngs jou slaapsiklu­s beïnvloed.

BEPERK DIE WATER VOOR BEDTYD

Hou minstens ’n uur voor Klaas Vakie kom op water drink. As jy aanmekaar wakker skrik van die dors, lê die probleem dalk by hoe jy asemhaal. Jy haal dalk deur jou mond asem en dit laat jou keel droog voel. Probeer op jou rug slaap om jou lippe te help toehou.

SIT DIE TV ’N UUR VOOR BEDTOEGAAN­TYD AF

En moenie voor die rekenaar aan die slaap raak nie. Ons is heeltemal te afhanklik van tegnologie en dit kan verwoestin­g in ons kop en lyf saai.

KRY ’N SLAAPTYD-RITUEEL

Dis die geheim van goeie slapers. Domp die ligte, neem ’n warm bad of steek kerse aan. Probeer ook min of meer dieselfde tyd gaan slaap en opstaan. Dit doen meer sleg as goed as jy verlore slaap probeer inhaal deur vroeg kooi toe te gaan.

MOENIE OOREET NIE

Vermy daai tweede porsie. Jy gaan net moeiliker aan die slaap raak, want jou maag werk nou kliphard om die kos te verbrand. Eet minstens drie uur voor jy kamer toe gaan. En peusel voor slaaptyd aan piesangs, melk, heuning en hawermout.

STADIG MET DIE WYN

Dit maak jou dalk slaperig, maar laat jou onrustig slaap. En jy gaan bowenal so uitgedroog soos ’n kurkprop voel as jy wakker word. (Dit bevorder wateruitsk­eiding, oftewel het ’n diuretiese effek.) Alkohol meng met die liggaam se interne horlosie in wat die wakker-en-slaap-siklus reguleer. >

 ??  ?? FOREL GEBAK MET GROENKERRI­ESOUS
FOREL GEBAK MET GROENKERRI­ESOUS
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa