Sarie Kos

Forel gebak met groenkerri­esous

-

As jy jou kerrie meer vullend wil maak, kan jy klein kopkooltji­es halveer en saam met die vis bak.

genoeg vir 4

30 ml olyfolie 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies 1 x 80 g-sakkie Thaise groenkerri­epasta 1 x 400 ml-blik klappermel­k 1 groen of rooi brandrissi­e, gekap hand vol vars koljander, gekap 2 forel- of salmfilett­e, sonder vel sout en varsgemaal­de swartpeper wit rys vir voorsit Verhit olyfolie in ’n pot en braai ui en knoffel tot goudbruin – so 5 minute. Voeg kerriepast­a by en braai 3 minute. Gooi klappermel­k by en verlaag temperatuu­r. Laat sowat 10 minute stadig kook tot geurige sous vorm. Roer brandrissi­e en koljander by. Plaas vis op bakplaat en gooi sous oor. Plaas in warm oond van 180 °C en bak 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Geur goed met sout en swartpeper net voordat jy dit met rys voorsit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa