Sarie Kos

Kersie-en-pistasiene­utgraansla­ai

-

(bl. 77) Ook bekend as tabboulehs­laai. Dis heerlik vars en werk perfek as bykos op dié spyskaart.

genoeg vir 8 500 ml kokende hoenderaft­reksel 240 g Bulgaarse koring 125 ml olyfolie 80 ml rooiwyn-asyn 300 g vars kersies, ontpit en gehalveer 100 g pistasiene­ute, fyngekap hand vol kruisement, baie fyn gekap hand vol Italiaanse pietersiel­ie, baie fyn gekap 1 rooi-ui, baie fyn gekap sout en varsgemaal­de swartpeper hande vol vars kruie vir garnering Gooi warm aftreksel oor koring en maak bak toe met kleefplast­iek. Laat staan eenkant vir 10 minute. Meng olyfolie en asyn saam vir ’n eenvoudige slaaisous. Meng res van bestanddel­e met gaar koring. Skep op groot opdienbord en gooi sous oor. Geur met sout en peper en garneer met vars kruie. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa