Sarie Kos

Alles-in-een-potfeesvar­k

-

(bl. 79) Ek is nou maar eenmaal ’n lui kok as dit kom by skottelgoe­d was. So, as ek alles in een pot kan maak, is ek bly!

genoeg vir 8 1 groot varkboud aan die been (met tou-jassie aan) 2 uie, in kwarte gesny 2 stingels seldery, gesny 2 wortels, gesny 4 naeltjies 2 lourierbla­re GLASEERSEL EN GROENTE 200 g kersies, ontpit, plus ekstra vir garnering 250 ml esdoringst­roop ( maple) 45 ml korrelmost­erd 400 g vars aspersies 6 aartappels, geskil en in blokkies gesny Plaas vark in groot oondvaste pot of bak en voeg res van bestanddel­e by (behalwe glaseersel). Bedek vleis met water. Kook 30 minute vir elke 500 g vleis. (Hierdie boud het 2½ uur gekook.) Verwyder uit water, gooi groente in pot weg en knip tou-jassie los van vleis. Plaas vark terug in pot of bak.

GLASEERSEL EN GROENTE Verhit oond tot 180 °C. Meng kersies, stroop en mosterd vir die glaseersel. Pak aspersies en aartappels om vark en gooi glaseersel oor die boud. Oondbraai 20-25 minute of tot goudbruin – skep nou en dan van die sous oor die vark. Plaas vark op opdienbord en gooi potsous oor. Garneer met vars kersies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa