Sarie Kos

Kersiebroo­d

-

(bl. 78) Ek maak die brood met gedroogde suur kersies en okkerneute. ’n Bietjie rogmeel word by die broodmeel ingemeng om die donker kleur te kry.

genoeg vir 2 groot brode 1 kg (1 785 ml) broodmeel 400 g (700 ml) rogmeel 45 ml heuning 10 g sout 1 x 10 g-sakkie kitsgis 1 liter louwarm water 300 g droë suur kersies 200 g okkerneute Plaas al die bestanddel­e in ’n elektriese menger se bak en knie by hoë spoed tot gladde deeg vorm. Plaas deeg in bak wat gesmeer is met olie en maak toe met kleefplast­iek. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 60 minute. Verdeel deeg in twee balle en druk elke bal in ’n patroonpan met volume van 3 liter wat goed gespuit is met kleefweren­de kossproei. Laat rys weer tot dubbel die volume, sowat 20 minute. Terwyl brood rys, verhit oond tot 180 °C. Bak brood 20-25 minute of tot gaar. Keer uit en sit voor met botter en konfyt.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa