Sarie Kos

Gerookte varknek met kersie-glaseersel

Dis beenloos, sodat jy dit maklik kan sny om in netjiese skyfies voor te sit.

-

genoeg vir 10

2,3 kg beenlose, gepekelde en gerookte varknek 2 uie, in kwarte gesny 2 stingels seldery, gesny 2 wortels, gesny 4 naeltjies 2 lourierbla­re GLASEERSEL 350 g bevrore kersies, ontdooi 30 ml korrelmost­erd 200 ml heuning 100 ml water vars kersies vir voorsit Plaas varkvleis in groot pot en voeg uie, seldery, wortels, naeltjies en lourierbla­re by. Bedek vark met water. Kook 30 minute vir elke 500 g vleis. (Ons s’n het 2½ uur gekook.) Haal uit water en knip slagter se tou of netjassie om vleis los. Plaas vark in oondbraaib­ak.

GLASEERSEL Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddel­e vir die glaseersel in ’n pot en bring tot kookpunt. Kook 5 minute. Gooi mengsel oor vark en plaas in oond. Oondbraai 20-25 minute of tot goudbruin – skep nou en dan van die sous oor die ham. Plaas ham op opdienbord en gooi pansous oor. Garneer met vars kersies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa