Eet reg, slaap beter
Ek het altyd bevrore piesangs in my vrieskas om smoothies te maak; dis lekker vir ontbyt of ’n laataand-bederf wat jou heerlik sal laat slaap.
genoeg vir 6
6 piesangs (bevrore of vars), in skywe gesny 500 ml dubbeldik volroomjogurt 100 ml donker kakaopoeier 400 g gladde grondboontjiebotter 20 blokkies ys 300 ml melk 100 ml heuning Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verpulp by hoë spoed tot glad. Verdeel tussen glase.