Dis hoe Kanya rol
In Kanya Hunt van Melkbos se hande word ’ n houtlepel ’n towerstaf. Sy het in kykNET se tweede Koekedoor- reeks haar slag met troukoek gewys, maar as een van ons land se beste bakkers het sy vele ander kombuistalente, soos rolkoek maak – reg vir Kersfees
WAAR KOM DIE ROLKOEKRESEP VANDAAN?
My oupa De Nysschen se suster, tannie Suzie Buchner, was ’n voorslag-bakker tot die dag van haar dood. As student in Bloemfontein het ek gereeld by haar gekuier. Alle geselsies het altyd gelei tot stories oor haar bakwerk en resepte. Ek het haar oorreed om haar staatmaker-resepte in haar eie handskrif op stukkies papier vir my neer te skryf. Op dié manier wou ek iets van haar bewaar, en vandag is dit van my waardevolste resepte, saam met Ouma en Ma s’n in ’n spesiale lêertjie gebind. Tannie Suzie was welbekend vir haar rolkoek en sy sou so trots gewees het om dit in SARIE KOS te sien. >