Sarie Kos

Kerrievis

- Delina Malan, McGregor

is al jare vir my ’n probleem. Ek lees soveel moontlik op oor verskillen­de metodes om die vis gaar te maak, maar dit trek styf sodra ek dit in die kerriesous sit. Ek het dit al gebottel, gevries, op die rak gehou, met en sonder meel gaargemaak, saam met die kerriesous gekook, maar die vis raak steeds taai. Ek gebruik net stokvis, kabeljou of harders.

Wat moet ek doen?

SAARTJIE Daar is inderdaad baie maniere om die vis gaar te maak. Ek verkies om dit in ’n pan te braai en dan die warm sous oor te gooi. Die vis sal altyd ná dag een ’n bietjie ferm wees en dalk taai voorkom. Dis waarom jy ingemaakte kerrievis ’n paar dae in die yskas moet laat staan (sowat ’n week is die beste). Die asyn in die marinade sal die vis sagter maak en

dit daai smelt-in-die-mond-tekstuur gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa