Sarie Kos

Ek het ’n heerlike resep vir malvapoedi­ng. Ek wil graag ’n paar bakke vol maak om in die vrieskas te bêre. Hoe gemaak om te keer dat dit droog is wanneer ek dit ontdooi en warm maak?

- Michelle van der Merwe, Kaapstad

SAARTJIE Dis nou ’n blink plan! Wanneer jy malvapoedi­ng wil vries, moet jy seker maak jy gooi ekstra stroop oor. Van die stroop sal uitloop wanneer jy dit ontdooi, maar daar sal genoeg oorbly om die poeding lekker klam te hou. Bevrore koek of gebak moet altyd oornag in die yskas ontdooi word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa